Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 23:16-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Wee julle, blinde gidse, wat sê: ‘Wie ’n eed sweer by die tempel; dit is niks nie, maar wie ’n eed sweer by die goud van die tempel, hy is onder verpligting.’

17. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud afsonder?

18. ‘Wie ’n eed sweer by die altaar; dit is niks nie, maar wie ’n eed sweer by die offerande bo-op dit, hy is onder verpligting.’

19. Julle dwase en blindes, want wat is meer: die offerande, of die altaar wat die offer afsonder?

20. Wie dus ’n eed sweer by die altaar, sweer ’n eed dáárby en by alles wat daarop is

21. en wie ’n eed sweer by die tempel, sweer ’n eed dáárby en by Hom wat daarin woon

22. en wie ’n eed sweer by die hemel, sweer ’n eed by die troon van God en by Hom wat daarop sit.Deut 14:22; Luk 11:42

23. Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander en die meer gewigtige dinge van die wet laat julle ná: die regverdige oordeel, die omgee en die vertroue. Hierdie dinge is nodig vir julle om te doen; moenie daardie dinge nalaat nie.

24. Blinde gidse, wat die muggies uitsif, maar die kamele insluk!

25. Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar binnekant is dit vol uitbuitery en onregverdigheid.

26. Blinde Fariseërs, maak eers die binnekant van die beker en die bord skoon sodat die buitekant daarvan ook skoon kan wees.

27. Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want julle is net soos wit gekalkte grafte wat van buite af mooi lyk, maar van binne vol dooies se bene en alle korrupsie is

28. en net so lyk julle ook wel onskuldig van buite vir die mense, maar van binne is julle wetteloos en toneelspelers van vals karakters.

29. Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die onskuldiges

30. en julle sê: ‘As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.’

31. Dus getuig julle teen julleself dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het

32. en julle voltooi die kwota van julle vaders!

33. Slange, kinders van adders, hoe sal julle ontsnap van die oordeel van die hel?

34. Let op, om hierdie rede stuur Ek profete, wyse manne en leraars van die wet na julle toe en julle sal van hulle doodmaak en kruisig en van hulle in julle bymekaarkomplekke gésel en van stad na stad die ander vervolg2 Kro 24:20-22

35. sodat oor julle al die onskuldige bloed wat vergiet is op die aarde kan kom, vanaf die bloed van die onskuldige Hevel tot by die bloed van Z’kharyah, die seun van Berekhyah, wat julle tussen die tempel en die altaar vermoor het.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 23