Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 21:32-44 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. want Yoganan het na julle toe gekom met die pad van regverdigheid en julle het hom nie vertrou nie, maar die belastinggaarders en die prostitute het hom vertrou en julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te vertrou nie.

33. Luister na ’n ander vergelykende storie: ‘Daar was ’n sekere huiseienaar wat ’n wingerd geplant en ’n heining om dit gesit het. Hy het ’n parskuip daarin gegrawe, ’n wagtoring gebou, die sorg aan werkers oorgegee en na ’n ander land gereis.

34. Toe die vrugteseisoen aangebreek het, stuur hy sy slawe na die boere om van die vrugte van sy wingerd aan hom te stuur

35. en die boere het sy slawe gevat, een geslaan, ’n ander een doodgemaak en ’n ander een gestenig.2 Kro 36:15,16

36. Weer het hy ander slawe gestuur, meer as die eerstes en hulle het met hulle net so gemaak.

37. Laastens het hy sy seun na hulle toe gestuur en gesê: ‘Hulle sal my seun respekteer,’

38. maar toe die werkers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam; kom ons maak hom dood en neem sy erfdeel vir ons’

39. en hulle het hom gegryp en uit die wingerd uitgelei en hom doodgemaak.’

40. Wanneer die meester van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie werkers doen?”

41. Hulle het vir Hom gesê: “Baie sleg; hy sal hulle vernietig en die wingerd oorgee aan die sorg van ander werkers wat aan hom die vrugte in seisoen sal gee.”Ps 118:22-23

42. Yeshua sê vir hulle: “Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: ‘Die Steen wat die bouers verwerp het, dit het die Hoof Hoeksteen geword. Hy het van die Teenwoordigheid van יהוה gekom en is wonderbaar in ons oë?’

43. Deur dit sê Ek vir julle: ‘Die Koninkryk van God sal van julle weggevat word en aan ’n volk gegee word wat vrugte sal dra

44. en wie ook al op hierdie Steen val, sal stukkend breek en elkeen op wie Hy val, dié sal tot poeier gemaal word’.”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 21