Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 21:21-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, as julle vertroue in julle het en nie twyfel nie, sal julle nie slegs doen wat met die vyeboom gebeur het nie, maar al sê julle vir hierdie berg: ‘Lig jou op en gooi jou in die see,’ sal dit gebeur

22. en alles wat julle ook al in gebed vra en julle vertrou, sal julle ontvang.”

23. Toe Yeshua in die tempel ingegaan het, kom die leierpriesters en die oudstes van die volk na Hom toe terwyl Hy besig was om te leer en hulle sê vir Hom: “In watter outoriteit doen U hierdie dinge en wie het aan U hierdie outoriteit gegee?”

24. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek sal julle ook een ding vra en as julle My antwoord, sal Ek julle sê in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen.

25. Die doop van Yoganan, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense?” Hulle het dit eenkant bespreek en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ dan sal Hy ons vra: ‘Waarom het julle hom nie geglo nie?’

26. en as ons sê: ‘Uit mense,’ dan moet ons oppas vir die skare, want almal beskou Yoganan as ’n profeet.”

27. Hulle antwoord en sê vir Hom: “Ons weet nie.” Yeshua sê vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen nie,

28. maar hoe lyk dit vir julle? Daar was ’n sekere man wat twee seuns gehad het en hy roep die eerste een en sê vir hom: ‘My seun, gaan werk vandag in die wingerd,’

29. maar hy antwoord en sê: ‘Ek wil nie,’ maar later het hy berou gehad en gegaan.

30. Hy het na die tweede gegaan en vir hom net so gesê en hy antwoord en sê: ‘Ja, my meester’ en hy het nie gegaan nie.

31. Wie van hierdie twee het die wil van hulle vader gedoen?” Hulle antwoord Hom: “Die eerste.” Yeshua sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, die belastinggaarders en die prostitute gaan julle vooruit die Koninkryk van God in,

32. want Yoganan het na julle toe gekom met die pad van regverdigheid en julle het hom nie vertrou nie, maar die belastinggaarders en die prostitute het hom vertrou en julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te vertrou nie.

33. Luister na ’n ander vergelykende storie: ‘Daar was ’n sekere huiseienaar wat ’n wingerd geplant en ’n heining om dit gesit het. Hy het ’n parskuip daarin gegrawe, ’n wagtoring gebou, die sorg aan werkers oorgegee en na ’n ander land gereis.

34. Toe die vrugteseisoen aangebreek het, stuur hy sy slawe na die boere om van die vrugte van sy wingerd aan hom te stuur

35. en die boere het sy slawe gevat, een geslaan, ’n ander een doodgemaak en ’n ander een gestenig.2 Kro 36:15,16

36. Weer het hy ander slawe gestuur, meer as die eerstes en hulle het met hulle net so gemaak.

37. Laastens het hy sy seun na hulle toe gestuur en gesê: ‘Hulle sal my seun respekteer,’

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 21