Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 19:6-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees, nie? Wat God dan een gemaak het, laat geen mens dit skei nie.”Deut 24:1,3

7. Hulle sê vir Hom: “Waarom het Moshe dan beveel om ’n skeibrief te gee en haar weg te stuur?”

8. Hy sê vir hulle: “Omdat Moshe julle weens die ongevoeligheid van julle verstand, wil en emosie toegelaat het om van julle vroue te skei, maar aanvanklik was dit nie so nie.

9. Ek sê vir julle dat wie ook al van sy vrou skei, anders as oor seksuele immoraliteit en ’n ander een trou, egbreuk pleeg en wie ook al met die geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.”

10. Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “As dit die aanklag tussen ’n man en ’n vrou is, dan is dit nie raadsaam om ’n vrou te vat nie,”

11. maar Hy sê vir hulle: “Nie almal begryp hierdie boodskap nie, maar net dié aan wie dit gegee is.

12. Daar is onbekwames wat van hulle moeders se baarmoeder af so gebore is en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die Koninkryk van die hemel. Wie dit kan aanvaar, laat hom dit ontvang.”

13. Toe bring hulle kinders na Hom toe sodat Hy Sy hand op hulle kan lê en vir hulle bid en Sy studentevolgelinge het hulle bestraf,

14. maar Yeshua sê vir hulle: “Laat die kinders na My toe kom en moet hulle nie verbied nie, want aan dié wat só is soos hulle behoort die Koninkryk van die hemel.”

15. Hy het Sy hand op hulle gelê en daarvandaan weggegaan.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 19