Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 19:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit was toe Yeshua klaar gepraat het dat Hy van die Galil af vertrek het en deur die Yarden in die gebied van Y’hudah gekom het

2. en ’n groot klomp mense het Hom gevolg en Hy het hulle daar gesond gemaak.

3. Fariseërs het na Hom toe gekom om Hom te toets en vir Hom gesê: “Is dit volgens die wet vir ’n man om oor enige rede van sy vrou te skei?”Gen 1:27; Gen 5:2

4. Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Het julle nie gelees dat Hy wat hulle aanvanklik gemaak het, hulle man en vrou gemaakGen 2:24

5. en gesê het: ‘Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou vaskleef en hulle twee sal een vlees wees’

6. sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees, nie? Wat God dan een gemaak het, laat geen mens dit skei nie.”Deut 24:1,3

7. Hulle sê vir Hom: “Waarom het Moshe dan beveel om ’n skeibrief te gee en haar weg te stuur?”

8. Hy sê vir hulle: “Omdat Moshe julle weens die ongevoeligheid van julle verstand, wil en emosie toegelaat het om van julle vroue te skei, maar aanvanklik was dit nie so nie.

9. Ek sê vir julle dat wie ook al van sy vrou skei, anders as oor seksuele immoraliteit en ’n ander een trou, egbreuk pleeg en wie ook al met die geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.”

10. Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “As dit die aanklag tussen ’n man en ’n vrou is, dan is dit nie raadsaam om ’n vrou te vat nie,”

11. maar Hy sê vir hulle: “Nie almal begryp hierdie boodskap nie, maar net dié aan wie dit gegee is.

12. Daar is onbekwames wat van hulle moeders se baarmoeder af so gebore is en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die Koninkryk van die hemel. Wie dit kan aanvaar, laat hom dit ontvang.”

13. Toe bring hulle kinders na Hom toe sodat Hy Sy hand op hulle kan lê en vir hulle bid en Sy studentevolgelinge het hulle bestraf,

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 19