Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 15:6-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Julle kanselleer die wette van God deur julle tradisionele wette.

7. Aannemers van die persoon, Yesha’yahu het reg oor julle geprofeteer toe hy gesê het:

8. ‘Hierdie mense eer My met hulle lippe, maar hulle verstand, wil en emosie is baie ver van My af.Yes 29:13

9. Hulle aanbidding tot My is doelloos terwyl hulle leringe leer van die wette van mense’.”

10. Hy het die skare na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Luister en verstaan!

11. Dit is nie wat in die mond ingaan, wat die mens onrein maak nie, maar dit wat uit die mond uitgaan, maak die mens onrein.”

12. Toe kom Sy studentevolgelinge nader en sê vir Hom: “Weet U dat die Fariseërs, wat hierdie gehoor het, aanstoot geneem het?”

13. Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Elke plant wat My Vader wat in die hemel is nie geplant het nie, sal vernietig word.

14. Laat hulle staan; hulle is blinde gidse van die blindes, maar as ’n blinde ’n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.”

15. Shim’on Kefa antwoord en sê vir Hom: “My Meester, verduidelik vir ons hierdie vergelykende storie,”

16. maar Hy sê vir hulle: “Verstaan julle tot nou toe steeds nie?

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 15