Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 15:31-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien en hulle het die God van Yisra’el verhewe verklaar.

32. Toe het Yeshua sy studentevolgelinge na Hom toe geroep en vir hulle gesê: ‘Ek voel jammer vir hierdie menigte. Let op, hulle bly al drie dae by My en daar is niks vir hulle om te eet nie en Ek is nie gewillig om hulle weg te stuur terwyl hulle vas sodat hulle nie miskien op die pad flou word nie.

33. Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “Waar sal ons in dié wildernis genoeg brode vandaan kry om so ’n groot skare te versadig?”

34. Yeshua sê vir hulle: “Hoeveel brode het julle?” Hulle antwoord: “Sewe en ’n paar klein vissies.”

35. Hy het die skare beveel om op die grond te gaan sit vir ’n maaltyd.

36. Hy vat die sewe brode en die visse, gee lof, breek dit en gee dit aan Sy studentevolgelinge en die studentevolgelinge gee dit aan die skare2 Kon 4:43,44; Mat 14:14-21; Mar 8:1-8

37. en hulle het almal geëet en was versadig. Hulle het die oortollige stukke opgetel en sewe mandjies vol gemaak

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 15