Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 15:21-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Yeshua het daarvandaan weggegaan en by die gebiede van Tzor en Tzidon gekom.

22. Let op, ’n Kena’anitiese vrou wat van daardie area gekom het, het na Hom geroep en gesê: “Wees my goedgunstig, my Meester, Seun van Dawid! My dogter word erg deur ’n demoon gedryf,”

23. maar Hy het haar nie ’n woord geantwoord nie. Toe kom Sy studentevolgelinge nader en vra Hom en sê: “Stuur haar weg, want sy skree agter ons aan.”

24. Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Ek is nie gestuur nie, behalwe na die afgedwaalde skape van die huis van Yisra’el,”

25. maar sy kom en val voor Hom neer en sê: “My Meester, help my!”

26. Hy sê vir haar: “Dit is nie goed om die brood van die kinders weg te vat en dit vir die honde te gooi nie,”

27. maar sy sê: “Ja, my Meester, selfs die honde eet van die krummels wat van hulle base se tafel afval en hulle leef.”

28. Toe sê Yeshua vir haar: “O vrou, groot is jou vertroue; dit sal vir jou gedoen word soos jy wil” en haar dogter is genees van daardie oomblik af.

29. Yeshua het daarvandaan weggegaan en langs die see van Galila gekom en Hy het die berg opgeklim en daar gaan sit

30. en daar kom ’n groot skare na Hom toe met kreupeles, blindes, dowes, stommes, gebreklikes en baie ander saam met hulle en hulle het dié by die voete van Yeshua neergesit en Hy het hulle gesond gemaak

31. sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien en hulle het die God van Yisra’el verhewe verklaar.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 15