Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 15:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe kom daar Fariseërs en leraars van die wet vanaf Yerushalayim, na Yeshua toe en sê:

2. “Waarom oortree U studentevolgelinge die tradisionele wet van die oudstes en was nie hulle hande wanneer hulle brood eet nie?”

3. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Waarom oortree julle selfs die opdragte van God ter wille van julle tradisionele wet?Eks 20:12 en hy wat sleg praat van vader of moeder, moet die dood sterf,’Eks 21:17

4. Want God het opdrag gegee en gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder

5. maar julle sê: ‘Elkeen wat aan vader of moeder sê: ‘dit wat u van my as voordeel kon kry, het ek as ’n offer gegee,’ eer so nie sy vader of moeder nie.

6. Julle kanselleer die wette van God deur julle tradisionele wette.

7. Aannemers van die persoon, Yesha’yahu het reg oor julle geprofeteer toe hy gesê het:

8. ‘Hierdie mense eer My met hulle lippe, maar hulle verstand, wil en emosie is baie ver van My af.Yes 29:13

9. Hulle aanbidding tot My is doelloos terwyl hulle leringe leer van die wette van mense’.”

10. Hy het die skare na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Luister en verstaan!

11. Dit is nie wat in die mond ingaan, wat die mens onrein maak nie, maar dit wat uit die mond uitgaan, maak die mens onrein.”

12. Toe kom Sy studentevolgelinge nader en sê vir Hom: “Weet U dat die Fariseërs, wat hierdie gehoor het, aanstoot geneem het?”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 15