Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 12:36-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

36. want Ek sê vir julle dat van elke waardelose woord wat mense praat, sal hulle ’n antwoord moet gee in die oordeelsdag,

37. want deur jou woorde sal jy onskuldig beskou word en deur jou woorde sal jy skuldig bevind word.”

38. Toe antwoord sommige van die leraars van die wet en Fariseërs en sê vir Hom: “Leermeester, ons wil ’n teken van U sien.”

39. Hy antwoord hulle egter en sê: “’n Slegte en hoererende geslag soek na ’n teken en geen teken sal aan dié gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Yonah,Yon 2:1 net só sal die Seun van die mens drie nagte en drie daeLuk 11:30 in die middel van die aarde wees.

40. want net soos Yonah drie nagte en drie dae in die maag van die vis was,

41. Die manne van Ninveh sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel, want hulle het erken en weggedraai van sonde na God toe met die verkondiging van Yonah en meer as Yonah is hier!

42. Die koningin van die suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel, want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Shlomo te hoor en meer as Shlomo is hier!

43. Wanneer ’n vuil gees uit die mens uitgegaan het, dwaal hy rond in plekke waar nie water is nie en begeer rus en vind dit nie.

44. Dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my huis vanwaar ek uitgegaan het’ en hy gaan en vind dit leeg, uitgevee en versier.

45. Dan gaan hy en bring sewe ander geeste, slegter as hyself, saam met hom en hulle gaan in en woon daar en die einde van daardie mens word erger as die begin. Só sal dit ook met hierdie bose geslag gedoen word.”

46. Terwyl Hy nog met die mense praat, staan Sy moeder en broers buite en wou graag met Hom praat

47. en iemand sê vir Hom: “Let op, U moeder en U broers is buite en wil graag met U praat,”

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 12