Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 11:9-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Wat anders het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, meer as ’n profeet.Mal 3:1; Yes 40:3

10. Dit is hy van wie daar geskrywe is: ‘Let op, Ek stuur My boodskapper voor U Teenwoordigheid uit, om U pad voor U uit voor te berei.’

11. Ek sê vir julle die waarheid: ‘Onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Yoganan, die Doper, nie, maar die kleinste in die Koninkryk van die hemel, is groter as hy.’

12. Vanaf die dae van Yoganan die Doper af tot nou toe word die Koninkryk van die hemel met geweld uitgevoer en geweldenaars gryp dit,Dan 9:24

13. want al die profete en die wet het tot by Yoganan geprofeteerMal 3:23,24

14. en as julle bereid is om dit te aanvaar: hy is Eliyahu wat sou kom.

15. Wie ook al ’n oor het wat wil hoor, laat hom hoor,

16. maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kinders wat in die strate sit en na hulle maats roep

17. en sê: ‘Ons het vir julle gesing en julle het nie gedans nie; ons het vir julle gehuil en julle het nie getreur nie,’

18. Yoganan het gekom en niks geëet of gedrink nie en hulle sê: ‘Hy het ’n demoon in hom.’

19. Die Seun van die mens het gekom al etende en drinkende en hulle sê: ‘Let op, ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van belastinggaarders en sondaars.’ Wysheid word geregverdig deur die dade wat dit voortbring.”

20. Toe begin Yeshua die stede waarin die meeste van Sy kragtige dade plaasgevind het, aanspreek omdat hulle nie erken en omgedraai het van hulle sonde na God toe nie

21. en Hy sê: “Wee jou, Kórasin; wee jou, Beit-Tzaidah, want as in Tzor en Tzidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as erken en omgedraai het van hulle sonde na God toe,

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 11