Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 11:3-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. en vir Hom gevra: “Is U Hy wat kom, of moet ons ’n ander verwag?”

4. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Gaan vertel aan Yoganan daardie dinge wat julle hoor en sien:Yes 35:5,6 die dooies staan op,Yes 29:18; Yes 35:5 die armes hoor die goeie boodskapYes 61:1

5. die blindes sien, die kreupeles loop, die melaatses word rein, die dowes hoor,

6. en geseënd is elkeen wat nie deur My sal struikel nie.”

7. Toe hulle weg is, begin Yeshua vir die skare aangaande Yoganan te sê: “Wat het julle uitgegaan om in die wildernis te sien? ’n Riet wat deur die wind geskud word?

8. Indien nie, wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Man wat ’n lang sagte kleed dra? Let op, die wat sagte klere dra, is tussen konings.

9. Wat anders het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, meer as ’n profeet.Mal 3:1; Yes 40:3

10. Dit is hy van wie daar geskrywe is: ‘Let op, Ek stuur My boodskapper voor U Teenwoordigheid uit, om U pad voor U uit voor te berei.’

11. Ek sê vir julle die waarheid: ‘Onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Yoganan, die Doper, nie, maar die kleinste in die Koninkryk van die hemel, is groter as hy.’

12. Vanaf die dae van Yoganan die Doper af tot nou toe word die Koninkryk van die hemel met geweld uitgevoer en geweldenaars gryp dit,Dan 9:24

13. want al die profete en die wet het tot by Yoganan geprofeteerMal 3:23,24

14. en as julle bereid is om dit te aanvaar: hy is Eliyahu wat sou kom.

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 11