Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 11:18-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Yoganan het gekom en niks geëet of gedrink nie en hulle sê: ‘Hy het ’n demoon in hom.’

19. Die Seun van die mens het gekom al etende en drinkende en hulle sê: ‘Let op, ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van belastinggaarders en sondaars.’ Wysheid word geregverdig deur die dade wat dit voortbring.”

20. Toe begin Yeshua die stede waarin die meeste van Sy kragtige dade plaasgevind het, aanspreek omdat hulle nie erken en omgedraai het van hulle sonde na God toe nie

21. en Hy sê: “Wee jou, Kórasin; wee jou, Beit-Tzaidah, want as in Tzor en Tzidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as erken en omgedraai het van hulle sonde na God toe,

22. maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tzor en Tzidon meer uithoudbaar wees in die oordeelsdag as vir julle

23. en jy, K’far-Nagum, wat tot die hemel toe opgelig is, jy sal tot Sh’ol toe neergedruk word, want as in S’dom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly bestaan het tot vandag toe,

24. maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van S’dom kalm en rustig sal wees in die oordeelsdag in vergelyking met jou.”

25. By daardie geleentheid het Yeshua geantwoord en gesê: “Ek dank U, My Vader, Meester van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge weggesteek het vir die wyse en intelligente en dit aan eenvoudiges openbaar het.

26. Ja, My Vader, want so was dit U begeerte om te doen.

27. Alles is aan My oorgegee deur My Vader en niemand ken die Seun ten volle nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader ten volle nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.

28. Kom na My toe, almal wat moeg gewerk is en gedwing word om laste te dra en Ek sal julle rus gee.Kla 3:27, 28 want Ek is vredevol en nederig van verstand, wil en emosie en julle sal rus vind vir julle gees,Yir 6:16

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 11