Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 10:1-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het Sy twaalf studentevolgelinge na Hom toe geroep en aan hulle outoriteit gegee oor vuil geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke pyn te genees.

2. Hierdie was die name van die twaalf afgevaardigdes: eerstens, Shim’on wat genoem word Kefa en Andréas, sy broer; Ya’akov, die seun van Zavdai en Yoganan, sy broer;

3. Filippos en die seun van (Bar)-Talmai; T’oma en Mattityahu, die belastinggaarder; Ya’akov, die seun van (Bar)-Halfai en Labi wat genoem word Taddai;

4. Shim’on die Yweraar en Y’hudah van K’riot, wat Hom oorgegee het.

5. Yeshua het hierdie twaalf gestuur en hulle opdrag gegee en gesê: “Moenie, op pad, na die ander volke toe gaan nie en moenie in die stede van Shomron ingaan nie,

6. maar gaan spesiļ¬ek na die verlore skape van die huis van Yisra’el

7. en wanneer julle gaan, kondig aan en sê: ‘Die Koninkryk van die hemel het naby gekom.’

8. Genees siekes, reinig melaatses, dryf demone uit. Sonder betaling is dit ontvang, sonder betaling moet dit gegee word.

9. Moenie goud of silwer of koper in julle beurse hou nie,

10. geen sak vir die pad of twee kledingstukke of sandale of ’n wandelstok nie, want die arbeider is sy versorging waardig,

11. maar in watter stad of dorp julle ook al ingaan, onderskei wie waardig is en bly dan dáár totdat julle vertrek.

12. Wanneer julle in ’n huis ingaan, spreek vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid oor die huishouding

13. en as die huis dit waardig is, sal julle seëning (vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid) daarop rus, maar as dit nie waardig is nie, sal julle seëning na julle toe terugkom.

14. Wanneer iemand julle nie ontvang en nie na julle boodskap luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.

15. Dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘In die oordeelsdag sal dit vir die land van S’dom en `Amorra meer uithoudbaar wees as vir daardie stad.’Luk 10:3 Wees daarom uitgeslape soos slange en onskuldig soos duiwe,

16. Let op, Ek stuur julle soos skape tussen die wolwe in.

17. maar wees versigtig vir die mense, want hulle sal jul oorlewer aan die howe en in hulle bymekaarkomplekke sal hulle julle gésel.

18. Hulle sal julle ook voor streeksleiers en konings bring, om My ontwil, tot ’n getuienis vir hulle en vir die ander nasies,

19. maar wanneer hulle julle arresteer, moenie bekommerd wees oor hoe, of wat, julle sal sê nie, want wat julle moet sê sal op daardie oomblik vir julle gegee word,

Lees volledige hoofstuk Mattityahu 10