Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 9:8-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Die studentevolgelinge kyk op van die stilte daarna en sien niemand by hulle nie, behalwe net Yeshua.

9. Terwyl hulle van die berg afklim, beveel Hy hulle om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens opgestaan het uit die dood uit, nie.

10. Hulle het die boodskap vir hulleself gehou en onder mekaar bespreek wat die stelling ‘opstaan uit die dood uit’ is.

11. Hulle vra Hom en sê: “Waarom sê die leraars van die wet dat Eliyahu eers moet kom?”

12. Hy antwoord en sê vir hulle: “Eliyahu kom inderdaad eers om alles te herstel en net so staan daar van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verwerp word.

13. Ek sê vir julle dat Eliyahu ook reeds gekom het en hulle het aan hom gedoen soveel as wat hulle wou, soos van hom geskrywe is.”

14. Toe Hy by die studentevolgelinge kom, sien Hy baie mense om hulle en leraars van die wet wat met hulle debatteer.

15. Dadelik, toe al die mense Hom sien, het hulle na Hom toe gehardloop en hulle was verwonderd en het Hom vrede toegewens.

16. Hy vra vir die leraars van die wet: “Wat debatteer julle met hulle?”

17. Een uit die skare mense antwoord en sê: “Meester, ek het my seun, wat ’n stom gees het, na U gebring

18. en wanneer dit oor hom kom, gooi die gees hom neer en slaan hom; hy kners op sy tande en word swakker en ek het U studentevolgelinge gevra om hom uit te dryf en hulle kon nie.”

19. Yeshua antwoord en sê vir hom: “O geslag sonder vertroue, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank moet Ek uithou met julle? Bring hom na My toe.”

20. Hulle bring hom na Hom toe en dadelik, toe hy Hom sien, gooi die gees hom dat hy op die grond val en rond wriemel met skuim in die mond.

21. Yeshua vra vir sy vader: “Hoe lank is dit al dat dit met hom gebeur?” Hy antwoord: “Van sy kinderdae af

Lees volledige hoofstuk Markos 9