Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 9:35-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. Yeshua het gaan sit, die twaalf geroep en vir hulle gesê: “Hy wat eerste wil wees, sal laaste wees en almal se dienskneg.”

36. Hy vat ’n kind en laat hom tussen hulle staan en sit hom op Sy skouers en sê vir hulle:

37. “Elkeen wat iemand soos dié seun ontvang in My Outoriteit en Karakter, ontvang My en elkeen wat My ontvang, ontvang My nie as hy nie Hom wat My gestuur het ontvang nie.”

38. Yoganan sê vir Hom: “Leermeester, ons het iemand gesien wat in U Karakter en Outoriteit (Naam) demone uitdryf en ons het hom verbied omdat hy nie saam met ons uitgegaan het nie.”

39. Yeshua sê vir hulle: “Moet hom nie verbied nie, want daar is niemand wat ’n wonderwerk in My Karakter en Outoriteit (Naam) kan doen en dan gou van My kan kwaadpraat nie;

40. daarom, wie ook al nie teen jou is nie, is vir jou.

41. Elkeen wat vir julle net ’n beker water gee om te drink omdat julle in die Outoriteit en Karakter van Die Gesalfde Een kom, dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal sy beloning sekerlik nie verloor nie

42. en elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My vertrou, laat struikel, dit is beter vir hom as ’n meulsteen van ’n donkie om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.

43. As jou hand jou verlei om te sondig, kap dit af (stop dit). Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en hel toe te gaan,Yes 66:24

44. waar hulle wurm nie doodgaan en hulle vuur nie geblus word nie.

45. As jou voet jou verlei om te sondig, kap dit af (stop dit). Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en hel toe te gaan,Yes 66:24

46. waar hulle wurm nie doodgaan en hulle vuur nie geblus word nie.

Lees volledige hoofstuk Markos 9