Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 9:1-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, daar is sommige van dié wat hier staan, wat nie die dood sal smaak voordat hulle die Koninkryk van God met kragtige werke sien kom het nie.”

2. Ná ses dae het Yeshua net vir Kefa, Ya’akov en Yoganan saamgevat, op teen ’n hoë berg, in afsondering en Hy het voor hulle van gedaante verander.

3. Sy klere het stralend, wit soos sneeu, geword, witter as wat enige een op aarde dit kan bleik.

4. Eliyahu en Moshe het aan hulle verskyn terwyl hulle met Yeshua gepraat het.

5. Kefa sê vir Hom: “My Meester, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie tente maak: een vir U en een vir Moshe en een vir Eliyahu,”

6. maar hy het nie geweet wat hy sê nie, want hulle was in vrees.

7. Daar was ’n wolk wat hulle omvou het en uit die wolk kom ’n Stem wat sê: “Dit is My Seun wat Ek liefhet, luister na Hom!”

8. Die studentevolgelinge kyk op van die stilte daarna en sien niemand by hulle nie, behalwe net Yeshua.

9. Terwyl hulle van die berg afklim, beveel Hy hulle om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens opgestaan het uit die dood uit, nie.

10. Hulle het die boodskap vir hulleself gehou en onder mekaar bespreek wat die stelling ‘opstaan uit die dood uit’ is.

11. Hulle vra Hom en sê: “Waarom sê die leraars van die wet dat Eliyahu eers moet kom?”

12. Hy antwoord en sê vir hulle: “Eliyahu kom inderdaad eers om alles te herstel en net so staan daar van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verwerp word.

13. Ek sê vir julle dat Eliyahu ook reeds gekom het en hulle het aan hom gedoen soveel as wat hulle wou, soos van hom geskrywe is.”

14. Toe Hy by die studentevolgelinge kom, sien Hy baie mense om hulle en leraars van die wet wat met hulle debatteer.

15. Dadelik, toe al die mense Hom sien, het hulle na Hom toe gehardloop en hulle was verwonderd en het Hom vrede toegewens.

16. Hy vra vir die leraars van die wet: “Wat debatteer julle met hulle?”

17. Een uit die skare mense antwoord en sê: “Meester, ek het my seun, wat ’n stom gees het, na U gebring

Lees volledige hoofstuk Markos 9