Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 4:31-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. Dit is soos ’n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die graansaad op die aarde

32. en wanneer dit gesaai is, groei dit en word groter as al die kruie en vorm groot takke sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.”

33. Yeshua het met vergelykende stories soos hierdie met hulle gepraat, volgens wat hulle kon verstaan

34. en sonder vergelykende stories het Hy nie met hulle gepraat nie, maar afsonderlik het Hy alles vir Sy studentevolgelinge verduidelik.

35. Op daardie dag, toe dit aand geword het, het Hy vir hulle gesê: “Laat ons oorvaar na die ander kant toe.”

36. Hulle het die skare verlaat en Hom, in die boot waarin Hy was, gevat en daar was ander bote saam met hulle.

37. Daar was ’n groot storm en die golwe en wind het in die boot in geslaan en dit was naby aan vol.

38. Yeshua was agter in die skuit aan die slaap op ’n kussing en hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: “Ons Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”Yes 51:15

39. Hy het opgestaan, die wind bestraf en vir die see gesê: “Wees stil!” Die wind het gaan lê en daar het ’n groot kalmte gekom.

40. Hy sê vir hulle: “Waarom is julle so vreesagtig? Waarom is daar nie vertroue in julle nie?”

41. Hulle was bang, met ’n groot vrees en het vir mekaar gevra: “Wie is Hy, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?”

Lees volledige hoofstuk Markos 4