Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 14:7-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. want julle het altyd die armes by julle en wanneer julle so sou kies, kan julle aan hulle goed doen, maar Ek is nie altyd by julle nie.

8. Dit wat vir haar moontlik was, het sy gedoen. Sy het vooruit My liggaam vir die begrafnis gesalf.

9. Dit is waar, Ek sê vir julle, oral waar hierdie goeie boodskap van My oor die hele wêreld verkondig word, daar sal ook gepraat word van wat sy gedoen het, tot ’n nagedagtenis aan haar.”

10. Y’hudah van K’riot, een van die twaalf, het na die leierpriesters gegaan met die doel om Hom aan hulle oor te lewer.

11. Toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee en hy het na ’n geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.

12. Op die eerste dag van die verwydering van suurdeeg, waarop die Jode gewoonlik die Pesaglam geslag het, sê Sy studentevolgelinge vir Hom: “Waar wil U hê moet ons vir U gaan voorberei dat U die Pesag kan eet?”

13. Hy stuur twee van Sy studentevolgelinge en sê vir hulle: “Gaan na die stad toe en let op, ’n man wat ’n kruik water dra, sal julle ontmoet. Gaan agter hom aan

14. en waar hy ook mag ingaan, moet julle vir die meester van die huis sê: die Leermeester vra: ‘Waar is die vertrek waar Ek met My studentevolgelinge die Pesag kan eet?’

15. Let op, hy sal vir julle ’n groot bovertrek wys, klaar gereed gemaak. Daar moet julle vir ons voorberei.”

16. Sy studentevolgelinge het gegaan en in die stad gekom en dit gevind net soos Hy vir hulle gesê het en hulle het die Pesag voorberei.

Lees volledige hoofstuk Markos 14