Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 14:12-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Op die eerste dag van die verwydering van suurdeeg, waarop die Jode gewoonlik die Pesaglam geslag het, sê Sy studentevolgelinge vir Hom: “Waar wil U hê moet ons vir U gaan voorberei dat U die Pesag kan eet?”

13. Hy stuur twee van Sy studentevolgelinge en sê vir hulle: “Gaan na die stad toe en let op, ’n man wat ’n kruik water dra, sal julle ontmoet. Gaan agter hom aan

14. en waar hy ook mag ingaan, moet julle vir die meester van die huis sê: die Leermeester vra: ‘Waar is die vertrek waar Ek met My studentevolgelinge die Pesag kan eet?’

15. Let op, hy sal vir julle ’n groot bovertrek wys, klaar gereed gemaak. Daar moet julle vir ons voorberei.”

16. Sy studentevolgelinge het gegaan en in die stad gekom en dit gevind net soos Hy vir hulle gesê het en hulle het die Pesag voorberei.

17. Toe dit aand was, het Hy saam met die twaalf gekom

18. en terwyl hulle skuinslê aan tafel en eet, sê Yeshua: “Dit is waar, Ek sê vir julle, een van julle, wat saam met My eet, sal My oorlewer.”

19. Toe het hulle begin moedeloos word en een vir een vir Hom gevra: “Is dit miskien ek?”

20. Hy antwoord en sê vir hulle: “Een van die twaalf wat saam met My indoop in die gereg.

21. Die Seun van die mens gaan net soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie se hand die Seun van die mens oorgelewer word! Dit sou vir die man beter gewees het as hy nie gebore is nie.”

22. Terwyl hulle eet, vat Yeshua ongesuurde brood, dank, breek dit en gee dit vir hulle en sê: “Vat, hierdie is My liggaam.”

23. Hy vat ’n beker, dank, seën dit en gee dit vir hulle en hulle het almal daaruit gedrink.

24. Hy sê vir hulle: “Hierdie is My bloed van die nuwe verbond, wat in ruil vir baie uitgestort word.

25. Dit is waar, Ek sê vir julle, Ek sal nie weer van die vrug van die wingerd drink tot op daardie dag dat Ek dit nuut sal drink in die Koninkryk van God nie.”

26. Hulle het lofsange gesing en uitgegaan na die OlyfbergZ’kh 13:7

27. en Yeshua sê vir hulle: “Julle sal almal in hierdie nag skaam wees vir My, want daar is geskrywe: ‘Ek sal die Skaapwagter slaan en die skape sal verstrooi word,’

Lees volledige hoofstuk Markos 14