Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 14:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee en hy het na ’n geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.

12. Op die eerste dag van die verwydering van suurdeeg, waarop die Jode gewoonlik die Pesaglam geslag het, sê Sy studentevolgelinge vir Hom: “Waar wil U hê moet ons vir U gaan voorberei dat U die Pesag kan eet?”

13. Hy stuur twee van Sy studentevolgelinge en sê vir hulle: “Gaan na die stad toe en let op, ’n man wat ’n kruik water dra, sal julle ontmoet. Gaan agter hom aan

14. en waar hy ook mag ingaan, moet julle vir die meester van die huis sê: die Leermeester vra: ‘Waar is die vertrek waar Ek met My studentevolgelinge die Pesag kan eet?’

15. Let op, hy sal vir julle ’n groot bovertrek wys, klaar gereed gemaak. Daar moet julle vir ons voorberei.”

16. Sy studentevolgelinge het gegaan en in die stad gekom en dit gevind net soos Hy vir hulle gesê het en hulle het die Pesag voorberei.

17. Toe dit aand was, het Hy saam met die twaalf gekom

18. en terwyl hulle skuinslê aan tafel en eet, sê Yeshua: “Dit is waar, Ek sê vir julle, een van julle, wat saam met My eet, sal My oorlewer.”

19. Toe het hulle begin moedeloos word en een vir een vir Hom gevra: “Is dit miskien ek?”

20. Hy antwoord en sê vir hulle: “Een van die twaalf wat saam met My indoop in die gereg.

21. Die Seun van die mens gaan net soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie se hand die Seun van die mens oorgelewer word! Dit sou vir die man beter gewees het as hy nie gebore is nie.”

Lees volledige hoofstuk Markos 14