Ou Testament

Nuwe Testament

Markos 10:27-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Yeshua het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie, want by God is alle dinge moontlik.”

28. Kefa begin en sê: “Let op, ons het alles verlaat en aan U vasgehou.”

29. Yeshua antwoord en sê: “Dit is waar, Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van My goeie boodskap verlaat het nie,

30. of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel huise, broers, susters, moeders, kinders en grond, saam met vervolginge en in die wêreld wat kom, die ewige lewe,

31. maar baie wat eerste is, sal laaste wees en die wat laaste is, eerste.”

32. Toe hulle op die pad was wat opgegaan het na Yerushalayim, het Yeshua voor hulle uitgegaan en hulle was verstom. Hulle wat gevolg het was in respekvolle vrees. Hy het die twaalf by Hom gevat en aan hulle die dinge wat op die punt staan om met Hom te gebeur, begin vertel.

33. “Let op, ons gaan op na Yerushalayim en die Seun van die mens sal oorgegee word aan die leierpriesters en die leraars van die wet en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorgee aan die nie-Jode.

Lees volledige hoofstuk Markos 10