Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 6:24-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Wee julle, rykes, want julle het jul vertroosting ontvang.

25. Wee julle wat versadig is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en huil.

26. Wee julle wanneer die mense alles wat goed is van julle praat, want hulle vaders het die vals profete net so behandel,

27. maar Ek sê vir julle wat luister, julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan dié wat julle haat.

28. Seën dié wat julle vervloek en bid oor die wat julle met geweld wegvat.Yes 50:6; Kla 3:30

29. Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied en aan hom wat jou klere vat, moet jy ook die bo-kleed nie weier nie.

30. Gee aan almal wat jou iets vra en eis jou goed nie terug van hom wat dit vat nie.

31. Net soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle ook aan hulle doen.

32. As julle dié liefhet wat julle liefhet, watter goedheid het julle, want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet?

33. As julle goed doen aan die wat julle goed behandel, watter goedheid het julle, want die sondaars doen ook dieselfde?

34. As julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter soort goedheid het julle? Selfs die sondaars leen ook aan die sondaars, om dieselfde terug te ontvang.

35. Julle moet julle vyande liefhê en hulle goed behandel, uitleen en nie iemand se verwagting afsny nie en julle beloning sal groot wees en julle sal kinders van die Allerhoogste (Ha’Elyon) wees, want Hyself is welwillend teenoor ongelowiges en hulle wat boos is.

36. Gee liefdevol om, net soos julle Vader ook liefdevol omgee.

37. Julle moenie oordeel nie, dan sal julle nie geoordeel word nie. Julle moenie veroordeel nie, dan sal julle nie veroordeel word nie. Spreek vry en julle sal vrygespreek word.

38. Gee en aan julle sal gegee word, ’n goeie maat wat ingestamp en oorlopend is, sal hulle in julle skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.”

39. Hy het vir hulle ’n vergelykende storie vertel: “Is dit moontlik vir ’n blinde om ’n blinde te lei? Sal albei van hulle nie in ’n sloot val nie?Mat 5:48

Lees volledige hoofstuk Luka 6