Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 3:8-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Dra daarom vrugte wat by die berou en belydenis pas en moenie begin om by julleself te sê: ‘Avraham is ons vader’ nie, want ek sê vir julle dat God die vermoë het om uit hierdie klippe kinders vir Avraham te laat opstaan.

9. Let op, die byl lê ook alreeds teen die wortel van die bome. Elke boom wat daarom nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en val in die vuur.”

10. Die skare mense het hom gevra en gesê: “Wat moet ons dus doen?”

11. Hy antwoord en sê vir hulle: “Wie twee kledingstukke het, moet gee aan hom wat nie het nie en wie kos het, moet dieselfde doen.”

12. Belastinggaarders het ook gekom om gedoop te word en vir hom gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?”

13. Hy antwoord hulle: “Moenie meer verwag as wat vir julle voorgeskryf is om in te vorder nie.”

14. Die soldate het hom ook gevra en gesê: “En ons, wat moet ons doen?” Hy sê vir hulle: “Julle moet niemand seermaak of onreg aandoen nie en wees tevrede met julle salaris.”

15. Wanneer die mense aan Yoganan gedink het, het almal in hulle verstand, wil en emosie bereken of Yoganan nie miskien Die Gesalfde Een was nie.

16. Yoganan antwoord en sê vir hulle: “Let op, ek doop julle met water, maar Hy kom wat kragtiger is as ek, wie se sandaalbande ek nie waardig is om los te maak nie; Hy sal julle doop in die Gees van Afsondering en in vuur;

17. Hy wat ’n hooivurk in Sy hand hou, Sy dorsvloer deeglik skoonmaak en die koring bymekaarmaak in Sy skure, maar die kaf met ’n onuitblusbare vuur verbrand.”

18. Net so het hy ook baie ander dinge geleer en hy het die goeie boodskap aan die mense verkondig,

Lees volledige hoofstuk Luka 3