Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 3:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Elke vallei moet opgevul en elke berg en hoë plek gelyk gemaak word, die rowwe plekke sal glad wees en die moeilike plekke, ’n vlakteYes 40:3-5

6. en almal sal die Lewe van God sien’.”

7. Hy sê vir die skares mense wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: “Addergeslag! Wie het julle gewaarsku om te vlug van die wraak wat kom?

8. Dra daarom vrugte wat by die berou en belydenis pas en moenie begin om by julleself te sê: ‘Avraham is ons vader’ nie, want ek sê vir julle dat God die vermoë het om uit hierdie klippe kinders vir Avraham te laat opstaan.

9. Let op, die byl lê ook alreeds teen die wortel van die bome. Elke boom wat daarom nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en val in die vuur.”

10. Die skare mense het hom gevra en gesê: “Wat moet ons dus doen?”

11. Hy antwoord en sê vir hulle: “Wie twee kledingstukke het, moet gee aan hom wat nie het nie en wie kos het, moet dieselfde doen.”

12. Belastinggaarders het ook gekom om gedoop te word en vir hom gevra: “Leermeester, wat moet ons doen?”

13. Hy antwoord hulle: “Moenie meer verwag as wat vir julle voorgeskryf is om in te vorder nie.”

Lees volledige hoofstuk Luka 3