Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 23:49-56 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

49. Almal wat Yeshua geken het, het op ’n afstand gestaan, asook die vroue wat Hom van die Galil af gevolg het, het hierdie dinge ervaar.

50. ’n Sekere man met die naam van Yosef, ’n lid van die Joodse Raad, van Ramatayim, ’n stad van Y’hudah, ’n goeie en regverdige man,

51. wat nie met hulle besluit en uitvoering saamgestem het nie, wat ook self die Koninkryk van God verwag het,

52. het na Pilatos gegaan en die liggaam van Yeshua gevra,

53. dit afgehaal, in linne toegedraai en dit in ’n graf gesit wat uit rots gekap was, waarin niemand nog ooit gelê het nie.

54. Dit was die dag van voorbereiding en Shabbat was op die punt om te begin.

55. Die vroue wat saam met Hom van die Galil af gekom het, het ook saamgegaan en die graf gesien en hoe Sy liggaam neergesit is.Eks 20:8-11; Deut 5:12-15

56. Toe het hulle teruggegaan en speserye en salf voorberei en op die Shabbat gerus volgens die opdrag.

Lees volledige hoofstuk Luka 23