Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 18:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Ons Meester sê: “Hoor wat die bose regter sê.

7. Sal God dan nie verdediging bring vir dié wat Hy gekies het, wat dag en nag tot Hom roep en geduldig wees met hulle nie?

8. Ek sê vir julle dat Hy gou hulle verdediging sal bewerk en tog, as die Seun van die mens kom, sal Hy vertroue op die aarde vind?”

9. Hy het vir húlle wat op hulleself vertrou dat hulle onskuldig is en neerkyk op ander, hierdie vergelykende storie vertel:

10. “Twee mans het opgegaan na die tempel om te bid, die een ’n Fariseër en die ander ’n belastinggaarder.

11. Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie: afpersers, onderdrukkers, egbrekers en nie soos hierdie belastinggaarder nie.

12. Ek vas twee keer gedurende die week en ek gee ’n tiende van alles wat ek ontvang.’

13. Die belastinggaarder het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel oplig nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wys my, die sondaar, onverdiende guns!’

14. Ek sê vir julle, hiérdie man het onskuldig na sy huis gegaan, eerder as die Fariseër, want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word en hy wat homself verneder, sal verhoog word.”

Lees volledige hoofstuk Luka 18