Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 18:33-41 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. Hulle sal Hom gésel en Hom mishandel en Hom doodmaak en op die derde dag sal Hy opstaan.”

34. Hulle het niks hiervan verstaan nie. Die betekenis was vir hulle verborge en hulle het nie begryp wat gesê is nie.

35. Terwyl hulle Yerigo nader, sit daar ’n sekere blinde man langs die pad en bedel.

36. Toe hy ’n skare mense hoor verbygaan, vra hy wie dit is.

37. Hulle sê vir hom: “Yeshua, van Natzeret, gaan verby.”

38. Hy skreeu uit en sê: “Yeshua, Seun van Dawid, gee om vir my!”

39. Die wat voor Yeshua geloop het, bestraf hom dat hy moet stilbly, maar hy het al harder geskreeu: “Seun van Dawid, gee om vir my!”

40. Yeshua het stil gaan staan en beveel dat hy na Hom gebring moes word en toe hy naby kom, vra Hy

41. en sê vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Hy antwoord: “My Meester, dat ek kan sien.”

Lees volledige hoofstuk Luka 18