Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 18:28-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Shim’on Kefa sê vir Hom: “Let op, ons het alles gelos en U gevolg.”

29. Yeshua sê vir hom: “Waarlik, Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die Koninkryk van God,

30. wat nie eksponensieel méér in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die wêreld wat kom.”

31. Hy het die twaalf gelei en vir hulle gesê: “Let op, Ons gaan op na Yerushalayim en alles sal vervul word wat in die profete geskrywe is oor die Seun van die mens,

32. want Hy sal oorgelewer word aan die nie-Jode en hulle sal Hom spot en in Sy gesig spoeg.

33. Hulle sal Hom gésel en Hom mishandel en Hom doodmaak en op die derde dag sal Hy opstaan.”

34. Hulle het niks hiervan verstaan nie. Die betekenis was vir hulle verborge en hulle het nie begryp wat gesê is nie.

35. Terwyl hulle Yerigo nader, sit daar ’n sekere blinde man langs die pad en bedel.

36. Toe hy ’n skare mense hoor verbygaan, vra hy wie dit is.

37. Hulle sê vir hom: “Yeshua, van Natzeret, gaan verby.”

38. Hy skreeu uit en sê: “Yeshua, Seun van Dawid, gee om vir my!”

Lees volledige hoofstuk Luka 18