Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 18:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het ook vir hulle ’n vergelykende storie vertel dat ’n mens altyd moet bid en nie moeg word nie:

2. “Daar was ’n sekere regter in ’n stad wat God nie geëer of gevrees en mense nie respekteer het nie.

3. Daar was ook in daardie stad ’n sekere weduwee en sy het aanhoudend na hom toe gekom en gesê: ‘Bevry my van my teëstander in my hofsaak.’

4. Vir ’n tydperk wou hy nie, maar daarna het hy by homself gesê: ‘Al vrees of eer ek God ook nie en al respekteer ek ’n mens nie,

5. tog, omdat hierdie weduwee my uitput, sal ek vir haar intree sodat sy my nie versondig nie.’”

6. Ons Meester sê: “Hoor wat die bose regter sê.

7. Sal God dan nie verdediging bring vir dié wat Hy gekies het, wat dag en nag tot Hom roep en geduldig wees met hulle nie?

8. Ek sê vir julle dat Hy gou hulle verdediging sal bewerk en tog, as die Seun van die mens kom, sal Hy vertroue op die aarde vind?”

9. Hy het vir húlle wat op hulleself vertrou dat hulle onskuldig is en neerkyk op ander, hierdie vergelykende storie vertel:

Lees volledige hoofstuk Luka 18