Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 15:27-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. Dié sê toe vir hom: ‘U broer het gekom en u vader het die vetgemaakte kalf geslag omdat hy hom gesond teruggekry het.’

28. Hy het kwaad geword en wou nie ingaan nie. Sy vader gaan toe uit en pleit by hom,

29. maar hy antwoord en sê vir sy vader: ‘Let op, ek dien u so baie jare en ek het nooit u bevele oortree nie en vir my het u nooit ’n bokkie gegee sodat ek saam met my vriende bly kon wees nie,

30. maar toe hierdie seun van u kom, wat u besittings verslind het met hoere, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.’

31. Sy vader sê egter vir hom: ‘My seun, jy is altyd by my en alles wat myne is, is joune.

32. Dit was reg van ons om vrolik en bly te wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword en hy was weg en is gevind.’”

Lees volledige hoofstuk Luka 15