Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 15:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die belastinggaarders en sondaars het na Hom toe gekom om na Hom te luister.

2. Die Fariseërs en die leraars van die wet het gekla en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.”

3. Yeshua vertel vir hulle hierdie vergelykende storie:

4. “Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle raak weg, laat nie die nege en negentig in die wildernis staan en gaan soek die een wat weg is totdat hy dit kry nie?

5. Wanneer hy dit kry, sit hy dit met vreugde op sy skouers

6. en wanneer hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat weg was.’

7. Ek sê vir julle dat daar dieselfde vreugde sal wees in die hemel oor een sondaar wat terugkom huis toe, méer as oor nege en negentig onskuldiges wat nie nodig het om huis toe te kom nie.

8. Of watter vrou, wat tien zuzin het; wanneer een zuza wegraak, steek nie ’n lamp op en vee die huis uit en soek versigtig totdat sy dit kry nie?

Lees volledige hoofstuk Luka 15