Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 14:4-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Hulle het egter stilgebly. Toe vat Hy aan hom, maak hom gesond en laat hom gaan.

5. Hy sê vir hulle: “Wie van julle se seun of os sal op die Shabbat in ’n put val, wat dit nie dadelik sal uittrek nie?”

6. Hulle was nie in staat om Hom daarop te antwoord nie.

7. Toe Hy sien hoe hulle die beste plekke uitkies, vertel Hy aan die gaste ’n vergelykende storie:

8. “Wanneer jy deur iemand na ’n fees uitgenooi is, moenie op die belangrikste plek gaan sit nie, ingeval hy iemand daar wil laat sit wat waardiger is as jy

9. en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: ‘Maak plek vir hierdie man.’ Jy sal dan met skaamte opstaan en op die agterste plek gaan sit,

10. maar wanneer jy genooi is, gaan sit op die agterste plek sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, vir jou kan sê: ‘Vriend, gaan op na ’n meer eerbare posisie!’ Dan sal jy eer en lof hê voor almal wat saam met jou aan tafel is,Spr 25:7

11. want elkeen wat homself oplig, sal verneder word en wie homself verneder, sal opgelig word.”

12. Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: “Wanneer jy ’n fees of aandete gee, moenie jou vriende of jou broers of familie of ryk bure nooi nie sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer kan nooi en jy so jou beloning ontvang nie,

13. maar wanneer jy ’n ontvangs hou, nooi armes, verminktes, kreupeles en blindes

14. en jy sal gelukkig wees omdat hulle niks het om jou mee terug te betaal nie, want dit sal jou beloon word in die opstanding van die onskuldiges.”

Lees volledige hoofstuk Luka 14