Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 12:24-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Let op die kraaie, want hulle saai nie en hulle oes nie; hulle het geen opgaarplek of skuur nie en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!

25. Wie onder julle kan, deur ywerig te wees, een el by sy lengte bysit?

26. As julle dan nie eens die kleinste kan doen nie, waarom probeer julle vir julleself sorg in die ander dinge?

27. Let op hoe die lelies groei: hulle werk nie en hulle spin nie en Ek sê vir julle, selfs Shlomo in al sy eer en lof was nie aangetrek soos een van hulle nie.Ps 103:15,16 hoeveel keer beter is Hy nie vir julle nie, julle met min vertroue!

28. As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, so aantrek,

29. Julle moet ook nie angstig wees oor wat julle sal eet of drink nie en julle moenie onrustig wees daaroor nie,

30. want al hierdie dinge soek die volke van die wêreld en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.

31. Soek in plaas daarvan die Koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir julle bygesit word.

32. Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het dit gewil om aan julle die Koninkryk te gee.Ya’ 5:3

33. Verkoop julle besittings en gee aan die behoeftiges; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, belê in die onfeilbare in die hemel, waar geen dief naby kom of mot dit vernietig nie,

34. want waar julle rykdom is, daar sal julle gedagtes, wil en emosie ook wees.

35. Laat julle heupe vasgegord wees en julle lampe aan die brand.

36. Julle moet wees soos mense wat op hulle meester wag wanneer hy van die huwelik af terugkom sodat as hy kom en klop, hulle dadelik vir hom kan oopmaak.

Lees volledige hoofstuk Luka 12