Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 10:9-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. en genees die siekes wat daarin is en sê vir hulle: ‘Die Koninkryk van God is naby julle,’

10. maar in watter stad julle ook al ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit in sy strate en sê:

11. ‘Die stof wat uit julle stad aan ons vassit, vee ons vir julle af; meer nog moet julle dit weet: dat die Koninkryk van God naby julle gekom het.’

12. Ek sê vir julle: vir S’dom sal dit meer uithoudbaar wees in dié dag as vir daardie stad.

13. Wee jou, Korazin! Wee jou, Beit-Tzaidah! Want as die kragtige dade in Tzor en Tzidon gebeur het wat in julle plaasgevind het, het hulle lankal in sak en as gesit, hulle sonde besef en berou gehad,

14. maar vir Tzor en Tzidon sal dit in die oordeel meer uithoudbaar wees as vir julle.Yes 14:13,15

15. Vir jou, K’far-Nagum, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot Sh’ol toe afgegooi word.

16. Wie na julle luister, luister na My en wie julle verwerp, verwerp My en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”

17. Die sewentig wat Hy gestuur het, het met vreugde teruggekom en gesê: “Ons Meester, selfs die demone is onderworpe aan ons in U Karakter en Outoriteit (Naam).”

18. Hy sê egter vir hulle: “Ek het die teëstander soos ’n weerligstraal uit die hemel sien val.

Lees volledige hoofstuk Luka 10