Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 10:30-42 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Yeshua sê vir hom: “’n Sekere man het afgegaan vanaf Yerushalayim na Yerigo en boewe het hom aangeval, hom beroof, geslaan en hom half dood gelos en weggegaan.

31. Dit het gebeur dat ’n sekere priester met daardie pad afgekom het en toe hy hom sien, het hy verbygegaan

32. en net so het ook ’n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en verbygegaan,

33. maar ’n sekere man van Shomron wat op reis was, het op hom afgekom en toe hy hom sien, het hy vir hom omgegee

34. en na hom toe gegaan, sy wonde verbind en olyfolie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie dier geplaas en hom na ’n herberg gevat en vir hom gesorg.

35. Toe hy die volgende oggend weggaan, haal hy twee denarii uit en gee dit aan die herbergier en sê vir hom: ‘Sorg vir hom en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.’

36. Daarvolgens, wie van hierdie drie, dink jy, was die medemens van hom wat onder die boewe verval het?”

37. Hy antwoord toe: “Hy wat vir hom omgegee het.” Yeshua sê vir hom: “Gaan en doen jy net so.”

38. Dit was terwyl hulle gereis het dat hulle in ’n sekere dorp gekom en ’n vrou met die naam van Marta Hom in haar huis ontvang het.

39. Sy het ’n suster gehad met die naam van Miryam en dié het langs die voete van ons Meester gesit en na Sy boodskap geluister,

40. maar Marta was baie besig om gereed te staan om te bedien. Sy kom toe na Hom toe en sê: “My Meester, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.”

41. Yeshua antwoord en sê vir haar: “Marta, Marta, jy is bekommerd en omgekrap oor baie dinge,

42. maar een ding is nodig; Miryam het die voordelige deel vir haarself gekies, wat nie van haar weggeneem sal word nie.”

Lees volledige hoofstuk Luka 10