Ou Testament

Nuwe Testament

Luka 10:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ná hierdie dinge het Yeshua sewentig ander aangestel vanuit Sy studentevolgelinge en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke stad en plek waarheen Hy voorberei het om te gaan.

2. Hy sê vir hulle: “Die oes is groot en die werkers is min. Bid daarvolgens die Meester van die oes om arbeiders in Sy oes uit te stuur.

3. Let op, gaan! Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe.

4. Neem geen beurs of reissak of sandale nie en groet niemand op die pad nie,

5. maar in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: ‘Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir hierdie huis’

6. en as daar ’n seun van vrede (harmonie) is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit na julle toe terugkom.1 Tim 5:18 Moenie wissel van huis tot huis nie

7. Bly dan in dieselfde huis en eet en drink wat hulle het, want die werker verdien sy loon.

8. en in watter stad julle ook mag ingaan en hulle ontvang julle, eet wat aan julle voorgesit word

9. en genees die siekes wat daarin is en sê vir hulle: ‘Die Koninkryk van God is naby julle,’

10. maar in watter stad julle ook al ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit in sy strate en sê:

11. ‘Die stof wat uit julle stad aan ons vassit, vee ons vir julle af; meer nog moet julle dit weet: dat die Koninkryk van God naby julle gekom het.’

12. Ek sê vir julle: vir S’dom sal dit meer uithoudbaar wees in dié dag as vir daardie stad.

13. Wee jou, Korazin! Wee jou, Beit-Tzaidah! Want as die kragtige dade in Tzor en Tzidon gebeur het wat in julle plaasgevind het, het hulle lankal in sak en as gesit, hulle sonde besef en berou gehad,

14. maar vir Tzor en Tzidon sal dit in die oordeel meer uithoudbaar wees as vir julle.Yes 14:13,15

15. Vir jou, K’far-Nagum, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot Sh’ol toe afgegooi word.

Lees volledige hoofstuk Luka 10