Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 3:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As julle dus saam met Die Gesalfde Een opgestaan het, soek die dinge daarbo waar Die Gesalfde Een is en aan die regterhand van God sit.

2. Word gevoed deur die dinge wat daarbo is, nie met dit wat op die aarde is nie,

3. want julle is dood en julle lewe is saam met Die Gesalfde Een weggesteek in God.

4. Wanneer Die Gesalfde Een, wat ons lewe is, openbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid openbaar word.

5. Maak daarom die aardse dele van julle liggaam, naamlik seksuele oortredings, onreinheid, siektes, bose begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, dood,

6. want as gevolg van hierdie dinge kom die woede van God oor Sy ongehoorsame kinders,

7. waarin julle ook vroeër geleef het toe julle vasgevang was daarin,

8. maar nou moet julle al hierdie dinge afgooi: kwaadword, woede, boosheid, kwaadpraat en vuil taal.

9. Moet ook nie vir mekaar lieg nie, gooi af die ou mens en sy dade

10. en trek die nuwe aan wat voortdurend in kennis, in die beeld van sy Skepper, nuut gemaak word,

11. waar daar nie Jood en Arameër, besnedene en onbesnedene, Griek en barbaar, of slaaf en vryman is nie, maar Die Gesalfde Een alles en in almal is.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 3