Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 9:3-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Agter die skeidingsgordyn, was die tweede Tabernakel, wat die Mees Afgesonderde genoem wordEks 30:10 en die ark van die verbond,Eks 25:10-22 oral met goud oorgetrek, waarin die goue pot met die ‘man hu’ was,Eks 16:33 die staf van Aharon wat gebot hetNum 17:10 en die tafels van die verbondEks 34:1-4; Eks 28-29

4. en in dit was ’n goue wierookaltaar

5. en bo-op dit, die gérubs van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid wat die deksel van toedekking oorskadu het, maar daar is nie tyd dat ons oor elkeen van hierdie dinge afsonderlik kan praat, wat op hierdie manier gemaak is nie.

6. Die priesters het elke keer in die buitenste Tabernakel ingegaan en hulle bediening uitgevoer,Lev 16

7. maar in die binneste van die Tabernakel het die hoofpriester alleen, een maal per jaar, met bloed, wat hy offer vir sy lewe en vir die oortredinge van die mense, ingegaan.

8. Hierin het die Gees van Afsondering geleer dat die pad van Afsondering nog nie openbaar is, solank as wat die eerste Tabernakel nog staan nie.

9. Dit was ’n bloudrukplan vir daardie tyd, waarin daar geskenke en offers gebring is, wat hom, wat hulle offer, se gewete nie volkome kon maak

10. deur kos, drank en verskillende reinigingswassinge, wat vleeslike instellings is, wat vasgestel is tot op die tyd van hervorming, nie,Open 21:22

11. maar Die Gesalfde Een, wat gekom het, het die Hoofpriester geword van die goeie dinge wat Hy gedoen het en Hy het die groot en volmaakte Tabernakel binnegegaan, wat nie met hande gemaak is nie en nie van hierdie geskepte dinge is nie.

12. Hy het ook nie ingegaan met die bloed van jaaroue bokke en kalwers nie, maar met Sy eie bloed het Hy een maal in die plek van Afsondering ingegaan en ewige loskoping verkry,

13. want as die besprinkeling van die wat onrein is, met bloed van bulle en bokke en die as van ’n vers, hulle kan afsonder tot reiniging van die vlees,

14. hoeveel te meer sal die bloed van Die Gesalfde Een, wat Homself, sonder vlek, deur die ewige Gees aan God geoffer het, ons gewete reinig van dooie werke, om die lewende God te dien.Yir 31:30-33 want in Sy dood was Hy Verlossing vir díe wat teen die eerste verbond oortree het sodat ons die belofte mag ontvang, díe wat geroep is tot ’n ewige erfenis,

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 9