Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 8:5-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. hulle wat ’n voorbeeld en skaduwee van die hemelse bedien, net soos aan Moshe gesê is toe hy die Tabernakel (tentwoning) gemaak het: “Let op dat jy alles maak volgens die bloudrukplan wat op die berg aan jou verskyn het,”

6. maar nou het Yeshua, Die Gesalfde Een ’n beter bediening ontvang as daardie, net soos wat die verbond ook beter is, waarvan Hy Tussenganger gemaak is, met beter beloftes as wat gegee is,

7. want as die eerste een sonder fout was, was daar nie plek vir hierdie tweede een nie,

8. want Hy vind fout met hulle en het gesê: “Let op, daar kom dae, sê יהוה, dat Ek oor die huis van Yisra’el en oor die huis van Y’hudah ’n nuwe verbond tot sy doel sal bring,

9. nie volgens die verbond wat Ek vir hulle vaders gegee het op die dag toe Ek hulle aan die hand gegryp het, om hulle uit Mitzrayim uit te lei nie, want hulle het nie gebly in My verbond nie en Ek het hulle verwerp,” sê יהוה:Yir 31:31-34

10. “Hierdie is die verbond wat Ek ná dié dae sal gee vir die huis van Yisra’el,” sê יהוה: “Ek sal My wette in hulle begrip gee en dit op hulle verstand, wil en emosie skryf en Ek sal vir hulle ’n God wees en hulle sal vir My ’n volk wees

11. en hulle sal nie meer elkeen sy medemens en elkeen sy broer leer en sê: ‘Ken יהוה’ nie, want hulle almal sal My ken, vanaf hulle kleinste tot hulle oudste.

12. Ek sal hulle reinig van hulle oortredings van die wet en hulle sondes nie meer onthou nie.”

13. Deurdat Hy sê ‘nuwe,’ het Hy die eerste as oud verklaar en dit wat verouderd en oud is, is naby vernietiging.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 8