Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 8:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die hoofpunt van dít alles: ons hét so ’n nie-Levitiese hoofpriester wat sit op die regterkant van die troon van HaG’dulah (die Grootheid) in die hemel.

2. Hy, en nie ’n mens nie, is die Bedienaar van die Huis van Afsondering en van die ware Tabernakel (tentwoning), wat God opgeslaan het.

3. Elke hoofpriester word aangestel om geskenke en offers te bring; daarom moes Hy ook iets vir Homself hê om te offer,

4. want as Hy op aarde was, sou Hyself geen priester wees nie omdat daar priesters is wat die offerandes volgens die wet offer,Eks 25:40

5. hulle wat ’n voorbeeld en skaduwee van die hemelse bedien, net soos aan Moshe gesê is toe hy die Tabernakel (tentwoning) gemaak het: “Let op dat jy alles maak volgens die bloudrukplan wat op die berg aan jou verskyn het,”

6. maar nou het Yeshua, Die Gesalfde Een ’n beter bediening ontvang as daardie, net soos wat die verbond ook beter is, waarvan Hy Tussenganger gemaak is, met beter beloftes as wat gegee is,

7. want as die eerste een sonder fout was, was daar nie plek vir hierdie tweede een nie,

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 8