Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 7:7-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Sonder enige teëspraak is dit die mindere wat deur die meerdere geseën word.

8. Hier ontvang sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie die Skrifte getuig dat hy lewe.

9. Om dit so te stel: Levi, wat tiendes ontvang, het deur Avraham tiendes gegee,

10. want hy was nog in die liggaam van sy vader toe hy Malki-Tzedek ontmoet het.

11. As daar dus volledige afhandeling deur die Levitiese priesterskap was, waardeur die geskrewe wet vir die mense vasgestel is, waarom was dit nog nodig dat ’n ander nie-Levitiese priester moes opstaan, volgens die beeld van Malki-Tzedek? Sê dit dat Hy volgens die beeld van Aharon sal wees?

12. Net soos daar ’n verandering in die priesterskap gekom het, net so was daar ’n verandering in die reëls,

13. want Hy van Wie hierdie dinge gesê word, behoort aan ’n ander stam, waaruit niemand nog ooit by die altaar bedien het nie,

14. want dit is bekend dat ons Meester vanuit Y’hudah opgegroei het; ’n stam waarvan Moshe niks aangaande die priesterskap gesê het nie.

15. Nog baie duideliker is dit: dat hy sê dat ’n ander nie-Levitiese Priester volgens die beeld van Malki-Tzedek opstaan.

16. Hy wat dit nie was volgens die wet van opdragte, na die liggaamlike, nie, maar deur die krag van lewe wat nie vernietig word nie,Ps 110:4

17. want Hy getuig aangaande Hom: “U is nie-Levitiese Priester vir ewig volgens die beeld van Malki-Tzedek,”

18. want daar was eers ’n verandering aan die orde weens die onvermoë daarvan en dat daar geen voordeel in was nie,

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 7