Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 7:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie Malki-Tzedek was koning van Shalem, nie-Levitiese priester van God Ha’Elyon (die Allerhoogste), wat vir Avraham ontmoet het by sy terugkoms na die slagting van die konings en hom geseën het.

2. Aan hom het Avraham ’n tiende deel van alles uitgedeel. Sy naam word vertaal as: koning van onpartydige opregtheid en ook koning van Shalem, dit is, koning van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.

3. Sonder dat sy vader of sy moeder in die geslagsregister opgeteken is, ook nie sy begin van dae of sy lewenseinde nie, maar net soos dié van die Seun van God, bly sy priesterskap vir ewig.

4. Hoeveel groter is hierdie man as Avraham, hoof van die vaders wat ’n tiende van die beste, vir hom gegee het.

5. Hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, het ’n opdrag om, volgens die geskrewe wet, van die mense tiendes te neem, van hulle broers, alhoewel hulle ook die nageslag van Avraham is,

6. maar hy wat nie in húlle geslagsregister opgeskryf is nie, het van Avraham tiendes ontvang en die een, wat die belofte ontvang het, geseën.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 7