Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 11:7-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Deur vertroue het Noag, toe daar met hom gepraat is oor die dinge wat nog nie gesien is nie, aanbid en die ark vir homself gebou vir die lewe van die kinders in sy huishouding, waardeur hy die wêreld veroordeel het en hy die erfgenaam geword het van onpartydige opregtheid, wat in vertroue is.Gen 12:1-5 gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy, deur te gaan, as ’n erfenis sou ontvang en het hy uitgegaan sonder om te weet waarheen hy gaan.Neg 9:7-8

8. Deur vertroue het Avraham, toe hy geroep is,Gen 12:8; Gen 13:15

9. Deur vertroue het hy as ’n vreemdeling gaan bly in die land wat aan hom belowe is en in tente gebly saam met Yitz’gak en Ya’akov, kinders van sy erfenis van die belofte,

10. want hy het die stad met fondasies deur God, die Argitek en Bouer, verwag.

11. Deur vertroue het Sarah, wat onvrugbaar was, ook die vermoë ontvang om bevrug te word en toe sy oor die leeftyd was, het sy geboorte gegee omdat sy seker was dat Hy wat dit beloof het, vertrouenswaardig is;Gen 15:5-6; Gen 22:17; Deut 1:10 wat nie getel kan word nie, gebore.

12. daarom is daar ook uit een wat gefaal het in ou ouderdom, soveel soos die sterre van die hemel en soos die sand aan die seestrand,

13. In vertroue is hulle almal dood, sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit op ’n afstand gesien en hulleself daarin verheug en het erken dat hulle vreemdelinge en nomades op aarde is,

14. want die wat sulke dinge sê, wys dat hulle vir hulle ’n stad soek.

15. As hulle na dié stad waaruit hulle weggetrek het, gesoek het, was daar vir hulle tyd om weer daarheen terug te gaan,

16. maar nou is dit duidelik dat hulle na ’n beter een verlang; na dit wat in die hemel is; daarom skaam God Hom nie vir hulle om húlle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ’n stad voorberei.

17. Deur vertroue het Avraham, toe hy getoets is, Yitz’gak geoffer en sy enigste seun op die altaar gelê; hom wat hy as die belofte ontvang het,Gen 21:12

18. aan wie gesê is: “In Yitz’gak sal jou nageslag genoem word.”

19. Hy het vrede gemaak in homself dat dit in God se hand is om uit die dood uit op te wek, waaruit hy hom ook, om ’n vergelyking te maak, terug ontvang het.

20. Deur vertroue van wat nog moet gebeur, het Yitz’gak vir Ya’akov en `Esav geseën.Gen 47:31

21. Deur vertroue het Ya’akov toe hy sterwend was, al die seuns van Yosef geseën en neergebuig op die knop van sy staf.Gen 50:24,25

22. Deur vertroue het Yosef, toe hy sterwend was, gepraat van die uittog van die kinders van Yisra’el en opdrag gegee aangaande sy gebeente.Eks 2:1-10 en hulle was nie bang vir die opdrag van die koning nie.

23. Deur vertroue het Moshe se ouers hom, ná sy geboorte, drie maande lank weggesteek toe hulle gesien het dat die kind mooi was

24. Deur vertroue het Moshe, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word.Eks 2:11

25. Hy het vir homself verkies om in droefheid saam met die mense van God te wees, eerder as om vir ’n kort tydjie sonde te geniet

26. en die belediging van Die Gesalfde Een groter rykdom geag as die skatte van Mitzrayim, want hy het gefokus op die uitbetaling van die beloning.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 11