hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13

Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vertroue is die oortuiging aangaande daardie dinge wat in versekerde verwagting is,

2. want deur dít was daar ’n getuienis vir die mense van ouds.Gen 1:1-3,6,9,14,20,26; Ps 33:6 verstaan ons dat die wêreld gevorm is deur die woorde van God en die dinge wat gesien kan word, bestaan vanuit die wat nie gesien kan word nie.

3. Deur vertroueGen 4:3-10

4. Deur vertroue het Hevel ’n baie beter offer aan God gebring as Kayin, waardeur daar vir hom ’n getuienis is dat hy onskuldig is en God self getuig oor sy offer en as gevolg daarvan praat hy steeds terwyl hy dood is.Gen 5:24

5. Deur vertroue is Hanokh weggevat om die dood nie te sien nie en hy is nie gekry nie omdat God hom weggevat het, want voordat hy weggevat is, was daar van hom die getuienis dat hy God tevrede gestel het.Mar 9:23; Rom 1:17

6. Sonder vertroue kan geen mens Hom tevrede stel nie, want hy wat nader aan God gebring word, is dit verskuldig om te vertrou dat Hy bestaan en die Beloner is van dié wat Hom soek.

7. Deur vertroue het Noag, toe daar met hom gepraat is oor die dinge wat nog nie gesien is nie, aanbid en die ark vir homself gebou vir die lewe van die kinders in sy huishouding, waardeur hy die wêreld veroordeel het en hy die erfgenaam geword het van onpartydige opregtheid, wat in vertroue is.Gen 12:1-5 gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy, deur te gaan, as ’n erfenis sou ontvang en het hy uitgegaan sonder om te weet waarheen hy gaan.Neg 9:7-8

8. Deur vertroue het Avraham, toe hy geroep is,Gen 12:8; Gen 13:15

9. Deur vertroue het hy as ’n vreemdeling gaan bly in die land wat aan hom belowe is en in tente gebly saam met Yitz’gak en Ya’akov, kinders van sy erfenis van die belofte,

10. want hy het die stad met fondasies deur God, die Argitek en Bouer, verwag.

11. Deur vertroue het Sarah, wat onvrugbaar was, ook die vermoë ontvang om bevrug te word en toe sy oor die leeftyd was, het sy geboorte gegee omdat sy seker was dat Hy wat dit beloof het, vertrouenswaardig is;Gen 15:5-6; Gen 22:17; Deut 1:10 wat nie getel kan word nie, gebore.

12. daarom is daar ook uit een wat gefaal het in ou ouderdom, soveel soos die sterre van die hemel en soos die sand aan die seestrand,

13. In vertroue is hulle almal dood, sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit op ’n afstand gesien en hulleself daarin verheug en het erken dat hulle vreemdelinge en nomades op aarde is,

14. want die wat sulke dinge sê, wys dat hulle vir hulle ’n stad soek.

15. As hulle na dié stad waaruit hulle weggetrek het, gesoek het, was daar vir hulle tyd om weer daarheen terug te gaan,

16. maar nou is dit duidelik dat hulle na ’n beter een verlang; na dit wat in die hemel is; daarom skaam God Hom nie vir hulle om húlle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ’n stad voorberei.

17. Deur vertroue het Avraham, toe hy getoets is, Yitz’gak geoffer en sy enigste seun op die altaar gelê; hom wat hy as die belofte ontvang het,Gen 21:12

18. aan wie gesê is: “In Yitz’gak sal jou nageslag genoem word.”

19. Hy het vrede gemaak in homself dat dit in God se hand is om uit die dood uit op te wek, waaruit hy hom ook, om ’n vergelyking te maak, terug ontvang het.

20. Deur vertroue van wat nog moet gebeur, het Yitz’gak vir Ya’akov en `Esav geseën.Gen 47:31

21. Deur vertroue het Ya’akov toe hy sterwend was, al die seuns van Yosef geseën en neergebuig op die knop van sy staf.Gen 50:24,25

22. Deur vertroue het Yosef, toe hy sterwend was, gepraat van die uittog van die kinders van Yisra’el en opdrag gegee aangaande sy gebeente.Eks 2:1-10 en hulle was nie bang vir die opdrag van die koning nie.

23. Deur vertroue het Moshe se ouers hom, ná sy geboorte, drie maande lank weggesteek toe hulle gesien het dat die kind mooi was

24. Deur vertroue het Moshe, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word.Eks 2:11

25. Hy het vir homself verkies om in droefheid saam met die mense van God te wees, eerder as om vir ’n kort tydjie sonde te geniet

26. en die belediging van Die Gesalfde Een groter rykdom geag as die skatte van Mitzrayim, want hy het gefokus op die uitbetaling van die beloning.

27. Deur vertroue het hy weggegaan uit Mitzrayim, sonder om bang te wees vir die woede van die koning, want hy het uitgehou soos een wat God, die Onsienlike, sien.

28. Deur vertroue het hy die Pesag gehou en die bloed gesprinkel sodat hy wat die eersgeborenes vernietig het hulle nie kon aanraak nie.

29. Deur vertroue het hulle deur die Rietsee gegaan soos oor droë grond terwyl die Mitzrayiete, toe hulle dit gewaag het, verswelg is.

30. Deur vertroue het die mure van Yerigo geval, nadat dit vir sewe dae omring was.

31. Deur vertroue het Ragav, die hoer, nie saam met die ongelowiges vergaan nie omdat sy die spioene in vrede ontvang het.

32. Wat sal ek nog meer sê? Daar is te min tyd om te vertel van Gid’on, Barak, Shimshon, Yiftag, Dawid, Sh’mu’el en die ander profete,Dan 6:23; Dan 11:33

33. wat deur vertroue koninkryke oorwin en regverdige oordeel gebring het, beloftes ontvang het, die bekke van leeus toegemaak het,

34. die krag van vuur uitgeblus het, die skerpte van die swaard ontvlug het, versterk is vanuit siekte, kragtig in geveg geword en die kampe van die vyand omvergewerp het.

35. Hulle het aan vroue hulle kinders gegee wat opgestaan het uit die dood uit en ander is deur marteling dood, sonder om bevryding te verwag sodat hulle ’n beter opstanding kan verkry.

36. Ander het die toets van bespottinge en géselinge deurstaan, ander is aan kettings en selle oorgegee,

37. ander is gestenig, ander is in die helfte deurgesaag, ander is deur die swaard dood, ander het rondgeloop in skaap- en in bokvelle, het gebrek gely, is verdruk en geslaan.

38. Die wêreld was hierdie mense nie waardig nie; hulle was soos rondlopers in verlate plekke, op berge, in grotte en gate in die grond

39. en alhoewel hulle almal getuienis van vertroue gehad het, het hulle die belofte nie ontvang nie

40. omdat God vooruit gesien het om ons te help sodat hulle nie sonder ons die volmaaktheid sou bereik nie.