Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 11:33-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

33. wat deur vertroue koninkryke oorwin en regverdige oordeel gebring het, beloftes ontvang het, die bekke van leeus toegemaak het,

34. die krag van vuur uitgeblus het, die skerpte van die swaard ontvlug het, versterk is vanuit siekte, kragtig in geveg geword en die kampe van die vyand omvergewerp het.

35. Hulle het aan vroue hulle kinders gegee wat opgestaan het uit die dood uit en ander is deur marteling dood, sonder om bevryding te verwag sodat hulle ’n beter opstanding kan verkry.

36. Ander het die toets van bespottinge en géselinge deurstaan, ander is aan kettings en selle oorgegee,

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 11