Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 11:31-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. Deur vertroue het Ragav, die hoer, nie saam met die ongelowiges vergaan nie omdat sy die spioene in vrede ontvang het.

32. Wat sal ek nog meer sê? Daar is te min tyd om te vertel van Gid’on, Barak, Shimshon, Yiftag, Dawid, Sh’mu’el en die ander profete,Dan 6:23; Dan 11:33

33. wat deur vertroue koninkryke oorwin en regverdige oordeel gebring het, beloftes ontvang het, die bekke van leeus toegemaak het,

34. die krag van vuur uitgeblus het, die skerpte van die swaard ontvlug het, versterk is vanuit siekte, kragtig in geveg geword en die kampe van die vyand omvergewerp het.

35. Hulle het aan vroue hulle kinders gegee wat opgestaan het uit die dood uit en ander is deur marteling dood, sonder om bevryding te verwag sodat hulle ’n beter opstanding kan verkry.

36. Ander het die toets van bespottinge en géselinge deurstaan, ander is aan kettings en selle oorgegee,

37. ander is gestenig, ander is in die helfte deurgesaag, ander is deur die swaard dood, ander het rondgeloop in skaap- en in bokvelle, het gebrek gely, is verdruk en geslaan.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 11