Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 11:19-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Hy het vrede gemaak in homself dat dit in God se hand is om uit die dood uit op te wek, waaruit hy hom ook, om ’n vergelyking te maak, terug ontvang het.

20. Deur vertroue van wat nog moet gebeur, het Yitz’gak vir Ya’akov en `Esav geseën.Gen 47:31

21. Deur vertroue het Ya’akov toe hy sterwend was, al die seuns van Yosef geseën en neergebuig op die knop van sy staf.Gen 50:24,25

22. Deur vertroue het Yosef, toe hy sterwend was, gepraat van die uittog van die kinders van Yisra’el en opdrag gegee aangaande sy gebeente.Eks 2:1-10 en hulle was nie bang vir die opdrag van die koning nie.

23. Deur vertroue het Moshe se ouers hom, ná sy geboorte, drie maande lank weggesteek toe hulle gesien het dat die kind mooi was

24. Deur vertroue het Moshe, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word.Eks 2:11

25. Hy het vir homself verkies om in droefheid saam met die mense van God te wees, eerder as om vir ’n kort tydjie sonde te geniet

26. en die belediging van Die Gesalfde Een groter rykdom geag as die skatte van Mitzrayim, want hy het gefokus op die uitbetaling van die beloning.

27. Deur vertroue het hy weggegaan uit Mitzrayim, sonder om bang te wees vir die woede van die koning, want hy het uitgehou soos een wat God, die Onsienlike, sien.

28. Deur vertroue het hy die Pesag gehou en die bloed gesprinkel sodat hy wat die eersgeborenes vernietig het hulle nie kon aanraak nie.

29. Deur vertroue het hulle deur die Rietsee gegaan soos oor droë grond terwyl die Mitzrayiete, toe hulle dit gewaag het, verswelg is.

30. Deur vertroue het die mure van Yerigo geval, nadat dit vir sewe dae omring was.

31. Deur vertroue het Ragav, die hoer, nie saam met die ongelowiges vergaan nie omdat sy die spioene in vrede ontvang het.

32. Wat sal ek nog meer sê? Daar is te min tyd om te vertel van Gid’on, Barak, Shimshon, Yiftag, Dawid, Sh’mu’el en die ander profete,Dan 6:23; Dan 11:33

33. wat deur vertroue koninkryke oorwin en regverdige oordeel gebring het, beloftes ontvang het, die bekke van leeus toegemaak het,

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 11