Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 11:15-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. As hulle na dié stad waaruit hulle weggetrek het, gesoek het, was daar vir hulle tyd om weer daarheen terug te gaan,

16. maar nou is dit duidelik dat hulle na ’n beter een verlang; na dit wat in die hemel is; daarom skaam God Hom nie vir hulle om húlle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ’n stad voorberei.

17. Deur vertroue het Avraham, toe hy getoets is, Yitz’gak geoffer en sy enigste seun op die altaar gelê; hom wat hy as die belofte ontvang het,Gen 21:12

18. aan wie gesê is: “In Yitz’gak sal jou nageslag genoem word.”

19. Hy het vrede gemaak in homself dat dit in God se hand is om uit die dood uit op te wek, waaruit hy hom ook, om ’n vergelyking te maak, terug ontvang het.

20. Deur vertroue van wat nog moet gebeur, het Yitz’gak vir Ya’akov en `Esav geseën.Gen 47:31

21. Deur vertroue het Ya’akov toe hy sterwend was, al die seuns van Yosef geseën en neergebuig op die knop van sy staf.Gen 50:24,25

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 11