Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 11:11-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Deur vertroue het Sarah, wat onvrugbaar was, ook die vermoë ontvang om bevrug te word en toe sy oor die leeftyd was, het sy geboorte gegee omdat sy seker was dat Hy wat dit beloof het, vertrouenswaardig is;Gen 15:5-6; Gen 22:17; Deut 1:10 wat nie getel kan word nie, gebore.

12. daarom is daar ook uit een wat gefaal het in ou ouderdom, soveel soos die sterre van die hemel en soos die sand aan die seestrand,

13. In vertroue is hulle almal dood, sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit op ’n afstand gesien en hulleself daarin verheug en het erken dat hulle vreemdelinge en nomades op aarde is,

14. want die wat sulke dinge sê, wys dat hulle vir hulle ’n stad soek.

15. As hulle na dié stad waaruit hulle weggetrek het, gesoek het, was daar vir hulle tyd om weer daarheen terug te gaan,

16. maar nou is dit duidelik dat hulle na ’n beter een verlang; na dit wat in die hemel is; daarom skaam God Hom nie vir hulle om húlle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ’n stad voorberei.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 11